How does Ozow work? (How to pay with Ozow)
Dankie vir jou navraag oor die Kits EFT via Ozow. Daar is nie ‘n makliker manier om ‘n EFT betaling te maak as om Ozow te gebruik nie, met jou herlaaibewyse/produkte wat gelewer word binne sekondes!

Hieronder is die stappe om jou voorafbetaalde noodsaaklikhede deur middel van ‘n Kits EFT via Ozow op Prepaid24 te koop:

1. Skep jou bestelling op Prepaid24.
2. Selekteer die “Kits EFT via Ozow” as jou betaalopsie gedurende checkout.
3. Kies jou bank vanaf die gegewe lys.
4. Teken in met jou aanlyn bankbesonderhede.
5. Kies die rekening waaruit jy wil betaal.
6. Die outomatiese proses sal navigeer en die relevante velde namens jou invul in die agtergrond.
7. Om jou betaling te verifieer, sal jou bank ‘n OTP (one-time password) of ‘n telefoniese verifikasiekode aan jou stuur vir bevestiging.
8. Sodra jou betaling geverifieer is, sal jou transaksie voltooi wees.
9. Jy sal na ‘n “Betaling Suksesvol” bladsy geneem word waar jou herlaaibewyse/produk bevestiging gewys sal word.

Hiermee ‘n visuele uitbeelding van die Ozow Kits EFT aankoopproses op Prepaid24:


Dit sal nooit nodig wees om ‘n bewys van betaling te stuur nie en jy sal glad nie hoef te wag vir fondse om in ons rekening te wys nie. Jy sal eenvoudig die gerief van onmiddellike produklewering kan geniet.



2 of 6 people found this helpful.   




Powered by LiveZilla Live Support Software