Wat beteken die foutboodskap op my meter?
Daar is verskeie foutboodskappe wat op jou meter kan wys. Hier is verduidelikings en moontlike wenke vir ‘n paar van hulle:

1. “SAD face” – Beteken gewoonlik dat ‘n vingervout gemaak was toe die herlaaibewys ingetik was: Probeer om die herlaaibewys weer in te lees en maak net 100% seker van elke syfertjie.
2. “DDDD” – “Duplicate:” Hierdie herlaaibewys was tien-teen-een al van tevore ingesit; gebruik ‘n nuwe herlaaibewys.
3. “Error 30” – Tegniese Fout op jou meter: Probeer om jou meter en jou hoofstroom af te skakel, en wag vir ‘n paar minute. Skakel hul dan aan en probeer om die herlaaibewys weer in te lees. As die “Error 30” voortduur, kontak jou munisipaliteit; hulle sal ‘n tegnikus moet uitstuur om na jou meter te kom kyk.
11 of 20 people found this helpful.   




Powered by LiveZilla Live Support Software