What is Ozow?
Ozow is ‘n aanlyn betaalplatform wat kliënte in staat stel om onmiddellike EFT betalings binne sekondes te maak, sonder die gebruik van ‘n bankkaart en sonder om ‘n bewys van betaling te stuur.

Ozow is in 2014 gestig en het gedurende die laaste paar jaar die gunsteling betaalmetode van maatskappye soos Takealot, Mercedes Benz, Superbalist en talle ander geword.

Twee woorde wat dikwels geassosieer word met Ozow is: Gerief & Veiligheid.

Ozow bied jou die gerieflikste manier om ‘n EFT betaling te maak deur al Suid-Afrika se hoofbanke, insluitend Absa, Standard Bank, FNB, Nedbank, Capitec, Investec, Discovery Bank en TymeBank – 24/7.

Ons is dus baie opgewonde om aan te kondig dat Prepaid24 kliënte nou al hulle voorafbetaalde noodsaaklikhede deur middel van ‘n vinnige & eenvoudige Kits EFT via Ozow sal kan aankoop!
Was this helpful to you?   




Powered by LiveZilla Helpdesk