Wat is die Prepaid24 Kits-Skakel?
Die Kits-Skakel is amper soos Prepaid24 se “toep,” wat onmiddellike toegang bied tot al jou voorafbetaalde noodsaaklikhede. Met die Kits-Skakel sal jou voorafbetaalde elektrisiteit en aanlyn bewyse altyd net ‘n klik weg wees!

Wat die Prepaid24 Kits-Skakel spesiaal maak is die feit dat elke kliënt hul EIE unieke Kits-Skakel het wat geheg is aan hul geregistreerde selfoon- en meternommers, wat beteken dat jy nooit weer enige onnodige inligting hoef te spesifiseer nie.

Sodra jy jou Kits-Skakel op jou foon se tuisskerm (“home screen”) afgelaai het, kan jy dit eenvoudig oopmaak, jou gesogte produk kies en jou produk binne sekondes ontvang! (Jy sal nooit weer ‘n webadres hoef in te tik nie!)

Die Prepaid24 Kits-Skakel bied jou onmiddellike toegang tot:

• “Gesels Gou” Ondersteuning
• Jou Laaste 5 Elektrisiteit Herlaaibewyse
• Jou Munisipaliteit-Status (Aanlyn of Aflyn)
• Persoonlike Profielbestuur


As jy jou persoonlike Kits-Skakel op jou foon wil aflaai, kontak gerus ons Aanlyn Kliëntediens (via ons Gesels Gou fasiliteit of ons e-pos ondersteuning) en een van ons konsultante sal jou met die nodige stappe verskaf.
6 of 13 people found this helpful.   




Powered by LiveZilla Live Support Software